Maart word internasionaal erken as Endometriose Bewusmakingsmaand en plaas die kollig op ’n toestand wat na raming een uit elke tien vroue van reproduktiewe ouderdom wêreldwyd raak. In Suid-Afrika leef duisende vroue met simptome wat hul persoonlike, professionele en fisiese lewens beperk.
Alhoewel daar geen genesing vir endometriose is nie, bied nuwe tegnologie wat plaaslik beskikbaar is in George en Mosselbaai, belowende verligting.
’n Toestand gekenmerk deur pyn en langdurige onsekerheid: Endometriose ontstaan wanneer weefsel soortgelyk aan die baarmoederwant buite die baarmoeder groei. Dit veroorsaak dikwels chroniese bekkenpyn, swaar en pynlike menstruasies, ongemak tydens seksuele omgang, verminderde beweeglikheid en ander simptome.
Die impak strek verder as fisiese ongemak en beïnvloed vroue se psigososiale welstand en algehele lewensgehalte.
Die toestand is bekend vir vertraagde diagnose en behandeling. Vroue wag soms tot tien jaar of langer vir ’n bevestigde diagnose as gevolg van die normalisering van simptome, beperkte bewusmaking en ongelyke toegang tot gespesialiseerde sorg. Afrika-vroue ervaar dikwels selfs langer vertragings.
Nie-indringende elektromagnetiese terapie kan ’n keerpunt wees: Hoewel daar tans geen permanente mediese oplossing vir endometriose is nie, sluit behandeling gewoonlik medikasie, chirurgie, fisioterapie en lewenstylveranderinge in. Baie vroue soek egter opsies wat pyn kan verlig sonder indringende prosedures.
Een belowende nie-indringende behandelingsopsie is Pelvic Chair-terapie. Dit wend klinies-getoetste elektromagnetiese tegnologie aan om die bekkenbodemspiere te stimuleer en te versterk.
Danielle Ross, ’n vrouegesondheids- en bekkenfisioterapeut van Gqeberha wat Pelvic Chair-terapie aanbied, sê: “Bewyse toon dat fisieke aktiwiteit help met pynbestuur by vroue wat met endometriose gediagnoseer is. Die Pelvic Chair is ’n vorm van fisieke aktiwiteit wat bekkenmobiliteit bevorder en bloedsirkulasie in die bekkenarea verbeter.”
Sy rapporteer positiewe terugvoer van pasiënte:
Die behandeling behels 30-minute sessies op die stoel, waartydens meer as 11 000 doelgerigte spierkontraksies geaktiveer word, sonder die inspanning, verleentheid of ongemak wat dikwels met tradisionele bekkenbodemterapie geassosieer word.
Hoewel elektromagnetiese terapie dikwels gebruik word vir urinêre inkontinensie en bekkenorgaanprolaps, word dit toenemend aangewend in die bestuur van menstruele pyn en simptome wat met endometriose verband hou.
Bekkenbodemdisfunksie kan bydra tot chroniese pyn, spierspasmas, senuweegevoeligheid en verminderde mobilitiet.
Deur ooraktiewe spiere te help ontspan, koördinasie te verbeter en bloedvloei te verhoog, kan Pelvic Chair-terapie moontlik pyn verminder as deel van ’n multidissiplinêre benadering tot endometriose. Pasiënte rapporteer verbeterings in pynvlakke, seksuele funksie en lewensgehalte, asook minimale newe-effekte.
Wat sê regte vroue? ’n Endometriosepasiënt wat haar pynvlakke noukeurig monitor, deel haar ervaring nadat sy Pelvic Chair-terapie probeer het.
“Toe ek by Pelvic Care begin het, het ek byna elke tweede dag pyn aangeteken. Maar dit is reeds lank sedert ek opmerklike pyn ervaar het.”
Nog ’n pasiënt wat al meer as 20 jaar met endometriose leef en twee operasies ondergaan het sê: “Ek voel wel daar was ’n verbetering nadat ek die Pelvic Chair probeer het.” Sy moedig jonger pasiënte aan om vroeg behandeling te kry om die doeltreffendheid daarvan selfs verder te verhoog.
Deur vroue vir vroue
Chrismari de Kock, stigter van Pelvic Care, die land se voorste verskaffer van Pelvic Chair-behandeling, sê haar span se werk word gelei deur die verhale van vroue wat jare lank hul lewens rondom pyn en aanhoudende uitdagings moes aanpas.
“Wanneer iemand jou vertel sy het vir twee dekades met ongemak saamgeleef, maak enige verbetering saak. Om gehoor en ondersteun te voel, maak saak.”
Terwyl Endometriose Bewusmakingsmaand die aandag vestig op die langtermyn-impak van hierdie toestand op vroue se lewens, vorm gevorderde nie-indringende tegnologieë soos Pelvic Chair-terapie toenemend deel van breër gesprekke rondom simptoombestuur.
Kry hulp: Om ’n Pelvic Care-praktyk naby jou te vind, besoek www.pelviccare.co.za. (MEDIA VERKLARING)
Endometriose bewusmakingsmaand: tegnologie bied verligting
Pelvic Care Chair.
Foto verskaf