Dysselsdorper ses jaar tronk toe

’N 24-jarige man van Dysselsdorp is verlede week in die Oudtshoorn Streekhof gevonnis tot ses jaar gevangenisstraf nadat hy aan roof met verswarende omstandighede skuldig bevind is.

Johanavan Langerveldt het op 4 April 2020 vir Tom Smit van ’n donkiekar geruk, met ’n mes gesteek en van R140 beroof.

Volgens Smit het hy ’n selfoon by Langerveldt gekoop en klaar betaal, maar dat Langerveldt nog geld van hom wou gehad het.

Langerveldt het ook tereg gestaan op klagtes van huisbraak en aanran­ding deurdat hy glo by die huis van Kiewiet Jafta ingebreek, hom geklap en met ’n stomp voorwerp geslaan het. Hy is egter op dié klagtes vrygespreek omdat die klaer nie hof toe wou kom nie.

Streeklanddros Sylvia Mandla het met vonnisoplegging gesê dit is kommerwekkend dat mense nie meer res­pek het vir ander wat hard vir hul geld werk nie en vonnisse opgelê moet word sodat die gemeenskap nie die reg in eie hande neem nie. (Deur Garnett Wicomb)