Hierdie bielie van ’n Herefordbul is op 27 Junie vanjaar tydens die Kansa Veeveiling deur Lohan en Ernie Fourie aan Rauch van Rensburg, van De Lange Slaghuis verkoop. Die bul het die heftige prys van R27 500 (sonder btw) gehaal.
Die bul het die skaal op 1 135kg laat kreun en is een van die grootste bulle wat by enige Kansa Vee-veiling verkoop is.
Sy uitslagpersentasie was amper 52%.
Op die foto staan Rauch van Rensburg by die bul, om die proporsie van die massiewe groot karkas te gee.
