Die Kammanassie-dam, staan tans op meer as 50% vol, met sowat 55 kusek se invloei wat in die dam inloop. Hierdie foto, is deur Morne Jonker tydens een van sy mikroligvliegtuigvlugte geneem, en wys die groot omvang van die dam. Die dam is laas in 2015 so vol gesien. Boere en inwoners van die Klein Karoo juig nadat daar die afgelope tyd meer as bogemiddelde reënval in en om die area geval het. Die Klein Karoo het vir agt jaar onder ’n erge droogte gebuk gegaan.
Foto: Morne Jonker