Direkteur Korporatiewe Dienste geskors

DIE Groter Oudtshoorn-raad het ’n onafhanklike ondersoeker aangestel om bewerings teen ’n senior bestuurder van die munisipaliteit te ondersoek.

Dit volg op ’n raadsbesluit van 31 Januarie om die direkteur korporatiewe dienste, Reggie Smith, te skors.
Aurelia Mle, woordvoerder van die Groter Oudtshoorn Munisipaliteit, het die raadsbesluit bevestig.

“Dié skorsing is gedoen ooreenkomstig die riglyne vir senior bestuurders in die Munisipale Stelselswet.”

Mle het egter aangedui dat dit nie raadsbeleid is om tugprosedures tussen die raad en sy werknemers in die media te bespreek nie. (Deur Liesel le Roux)