Dienslewering moet nou voorkeur kry, sê Macpherson

Die Groter Oudtshoorn se burgemeester, Chris Macpherson.

DIE verbetering van dienslewering.

Dit gaan oor die volgende paar maande die fokus wees van die Groter Oudtshoorn-raad en die munisipaliteit, sê Chris Macpherson wat twee weke gelede tot nuwe burgemeester verkies is.

’n Koalisie van die DA, VF Plus, Icosa en Saamstaan is nou in beheer van die raad.

Macpherson (DA) het Maandag, na ’n lang dag van beplanning saam met die direkteure van die verskeie afdelings by die munisipaliteit, gesê van die belangrikste kwessies wat nou aangespreek moet word, is die herstel van daardie dinge wat almal raaksien en pla: slaggate in strate, straatligte wat nie brand nie, stormwaterslote en riolering.

Volgens hom sal ekstra voertuie beskikbaar ge­stel word om meer van hierdie probleme gelytydig te kan aanspreek. (Deur Liesel le Roux)