Die kerk se ‘stem stilgemaak’

’N PLAASLIKE gemeente in Ladismith sou waarskynlik nooit kon dink dat diewe peperduur toerusting uit hul plek van aanbidding sou roof nie.

Ladismith gons behoorlik nadat instrumente ter waarde van ’n geskatte R16 850 by die Jubilee-gemeente gebuit is. Past Ettienne van Nooi het Saterdag (17 Julie) ontdek dat sy kerk se instrumente gesteel is.

Die saak is by die plaaslike polisie aangemeld en ’n ondersoek is dadelik gelas. By nadere ondersoek is vasgestel dat toegang tot die kerk verkry is deur ’n deur wat die kerk met ’n aangrensende huis verbind.

Die Polisie het ’n wenk ontvang dat die instrumente moontlik in Calitzdorp aan ’n ander pastoor vir R4 000 ver­kwansel is.
Kapt Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder vir die Suid-Kaap, sê ’n 43-jarige man wat ’n sleutel vir die kerk het, is in hegtenis geneem. Hy verskyn op Maandag 30 Augustus in die hof.

In vroeëre voorvalle is breekware by die plaaslike Lutherse Gemeente en die klok van die VG-Kerk op Zoar ook ge­steel. (Deur Deon Meyer)

Be the first to comment on "Die kerk se ‘stem stilgemaak’"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*