Die Karoo se blombaadjie, bloeisels reggeskud vir Lente!

Karmi Potgieter in ’n see van geel veldblomme op die plaas De Zeekoe buite Oudtshoorn. Foto: Kristy Potgieter.

Ons kon nie anders as om al die pragtige foto’s wat ons die week ontvang het met lesers te deel nie.

Amandelbome van Origin Plaas, in volle blom, die boorde vol bloeisels is asemrowend om te aanskou met die Swartberge in die agtergrond. Foto: George Nel.

Die Karoo se blommeprag. Die Karoo staan nie terug vir die Weskuss se blomme nie. Naby De Rust se spoorstasie. Foto: Maureen Visser.

Die wandelpaadjies agter Bergsig se vygies hou ook nie terug nie. Hierdie is tydens een van Liesel en Schalk le Roux se middagstappies met hul honde afgeneem. Foto: Liesel le Roux.