Oud-skoolhoof se tuin lus vir die oog

Die tuin van die afgetrede skoolhoof, Solly Dyssel, op die hoek van Rossouwstraat en Vyfdelaan in Colridge View, is tans ‘n lus vir die oog van elke verbyganger.

Dyssel, ‘n ywerige tuinier en bekend vir die pragtige dahlias wat ook jaarliks in sy tuin te sien is, se tuin is vol Namakwalandse veldblomme en groot aalwynbome waarop hy baie trots is. Foto’s: Garnett Wicomb