TWEE mans van Ladismith se slim plan om kaas in ’n verfemmer te plaas, het lelik in die hek geduik toe hulle hul teen twee wakker polisiemanne vasgeloop het.
Konst Rayno Harmse (links) en konst Quewin Malgas was op 24 Desember 2020 op patrollie toe hulle twee mans naby Noordstraat met ’n 20 liter- verfemmer sien loop het. Die mans het die emmer gelos en die hasepad gekies, maar is ingehardloop deur die polisie en teruggebring na die emmer. Binne die emmer was vier rolle kaas met die handelsmerk van die Ladismith Kaasfabriek daarop.
Volgens die mans het hulle die kaas naby die gholfbaan opgetel. Hulle is in hegtenis geneem vir die besit van gesteelde goedere en moet op 18 Februarie 2021 in die Ladismith Landdroshof verskyn. Berig en foto: Deon Meyer
Die kaaspolisie slaan toe!

Hoe duik mens in n hek in. Metn stuk kaas