Die Hoorn se ‘girls’, die fabulous vyf! Links voor sit Anna-Marie Roeland, nuut by Die Hoornspan en die koerant se bemarker. Langs haar is Tieneke Maritz wat week na week al die advertensies ontwerp vir ons kliënte. Geraldine Grimbeek is regs voor, en sy is baie slim. Sy doen die koerant se admin, en ook deeltyds bemarking.
Agter regs staan ons nuwe joernalis Lindi Brill, wat voorheen ons bemarking gedoen het, en laaste maar nie die minste nie Angelique Erasmus, die koerant se redakteur en ook joernalis.
Ongelukkig moes ons werk om te verseker dat ons lesers steeds topberigte en al die nuutste nuus ontvang vandag, maar ons vier saam met elke vrou Vroudedag! Heinrich Bosman staan agter die kamera en moes die foto van die girls neem.
Dankie aan die Ostrich Emporium vir die pragtige vereboas! Foto Heinrich Bosman
Die Hoorn se ‘girl power’ vier Augustus-vrouemaand
