Die Hoorn die afgelope 20 jaar

Dié week in 2005:

• Waterbeperkings word vanaf 1 Februarie 2005 die eerste keer in 16 jaar op Oudtshoorn ingestel, met inwoners wat twee keer per week vir ’n uur lank met ’n tuinslang in die hand tuin mag natspuit.

• Die Suid-Kaapse Polisiekantoor skuif van Oudtshoorn na George en die voorsitter van die Besigheidskamer, Bennie de Wet, sê die kamer voel verraai omdat ’n onderneming gegee is dat die kantoor op Oudtshoorn sou bly. De Wet sê daar is kommer oor die uitwerking hiervan op Oudtshoorn se ekonomie.

• Watertariewe wat die munisipaliteit verhoog het, laat die vonke spat. Die DA sê dit is onwettig.