Ao Petersen groet na 28 en ’n half jaar diens

60-jarige ao David Vernon Petersen (met sertifikaat in die hand) het op Sondag 31 Januarie, na 28 en ’n half jaar, vir die laaste keer vir diens in die SAPD aangemeld. Petersen het in 1992 as assistent-polisieman by die Oudtshoorn Polisie aangesluit en in 1994 konstabel geword. In 1997 is hy bevorder tot sersant en in 2015 tot adjudant-offisier. Vir die laaste aantal jare het hy skofte gewerk. Die D-skofleier, kapt Bernard George, het Petersen Sondagoggend geluk en voorspoed toegewens. Foto: Garnett Wicomb