Dié appels val beslis nie ver van die boom af nie

Die twee landman boeties, die 4-jarige Lian (links) en 2-jarige Marchel (regso) boer net so hard soos hulle pa Cornel Landman, en dit nogal met dieselfde rooi trekkers. Volgens hulle ma Hanri Landman draai die twee boeties se wêreld om goeie vleis, cruiser ry en landerye bewerk, nes hulle pa!

Hou die tweetjies beslis dop, want daar is geen beter leerskool as om dit waarmee jy grootword te bemeester, deur middel van ’n voorbeeld nie. Foto verskaf