Wiehann van Wyk (Ineos), Barry Havenga, bemarkingsbestuurder van Ineos saam met Die Hoorn se mede-eienaar, Jaco Erasmus (heel regs). Erasmus het Vrydag hierdie indrukwekkende nuwe Ineos Grenadier by Louvain Gasteplaas, sowat 50 km buite Oudtshoorn gaan toetsbestuur op hul 4×4-roete.
Die nuwe 4 x 4 is enig in sy soort in die wêreld. Voorafbestellings word reeds geneem met ’n wagtydperk van sowat 6 – 9 maande, en belangstellendes kan gerus hul webtuiste besoek by www.ineosgrenadier.com vir meer inligting of om ’n toetsbestuur naby jou dorp te reël.
Die amptelike bekendstelling van die voertuig vind vandag om 13:00 plaas op hul Facebook- en Instagram-bladsye. Foto: Angelique Erasmus
Dié 4×4 is in ’n heel ander klas
