Bedrogsaak teen Bowkers-egpaar weer uitgestel

DIE verhoor van ’n egpaar van Oudtshoorn wat van versekeringsbedrog aangekla word, kon verlede week weer nie in die Oudtshoorn streekhof voortgaan nie omdat die man vir die hoeveelste keer nie vanaf die George gevangenis na die Oudtshoorn hof gebring is nie.

Die saak teen Ricardo en Desiree Bowkers is op 26 Februarie vanjaar deur streeklanddros Ntsoki Moni uitgestel toe Ricardo nie dokters briewe kon verskaf vir sy afwesigheid by twee vorige geleenthede nie.

Hy is toe gewaarsku dat die saak ’n volgende keer voortgesit sal word ongeag sy gesondheidstoestand.
Die egpaar staan tereg op 22 klagtes van bedrog en geldwassery.

Die staat het reeds sy saak gesluit en Desiree, wat tans onder kruisverhoor is, ontken dat sy enigiets van haar man se bedrywighede weet.

Die egpaar het glo vals eise by Santam ingedien en van die oortre-dings is na bewering gepleeg terwyl Ricardo in aanhouding was.

Die saak is op 26 Junie voorlopig tot 11 Julie uitgestel. (Deur Garentt Wicomb)