Dankbaarheid oor reën in Klein Karoo

DIE Klein Karoo kon die week ’n sug van verligting slaak nadat goeie reën Sondag­aand uitgesak het.
Volgens ons lesers se reënmeters is tus­sen 16 en 26 mm op Oudtshoorn gemeet; tussen 34 tot 38 mm op Calitzdorp, 27 mm in Ladismith by die wateraanleg en 31 mm elders; in De Rust 25 mm; 35 mm tot 40 mm tussen Klaarstroom en Willowmore; 36 mm in Gamka-Wes; 30 mm by Gamkaberg; 40 tot 55 mm in Groenfon­tein en 55 mm in Gamkaskloof (Die Hel).

Volgens Ntobeko Mangwengqwe, woord­­voerder van die Oudtshoorn Munisipaliteit, het 30 mm reën in die opvangsgebied van die Raubenheimerdam, Oudtshoorn se drinkwaterdam, geval. Teen Dinsdag was die Raubenheimerdam 45,7% en die Mellvilledam 100% vol (5% van die Raubenheimerdam).

Die Tierkloofdam in Zoar het oorgeloop en die Nelsrivier in Groenfontein sterk gevloei. (Deur Liesel le Roux)