Die oulike en veelsydige nuwe Urban Cruiser is die derde voertuig wat vanjaar deur Toyota Suid-Afrika bekendgestel is, en is reeds beskikbaar by Klein Karoo Toyota op Oudtshoorn. Toyota het vroeër vanjaar ook die Starlet en die nuwe Aygo bekendgestel. Die Starlet is ’n heeltemal nuwe kompakte luikrug en die Aygo ’n klein motor met ’n splinternuwe voorkoms wat ruimer as die vorige Aygo is. Die Urban Cruiser word as ’n bekostigbare “crossover” passasiers-motor beskryf. Dit is ewe geskik vir stadsverkeer as vir die naweek se avon-tuuruitstappies.