Covid-regulasies: Hieroor sluit Verkeerskantoor

VERSKEIE inwoners van die Groter Oudtshoorn wou die laaste tyd weet waarom dit nodig is om die kantore van die Verkeersdepartement langer as ’n dag te sluit nadat ’n personeellid positief getoets is vir Covid-19.

Volgens Ntobeko Mangqwengqwe, woordvoer­der van die munisipaliteit, volg die munisipaliteit hiermee die voorskrifte van die Covid-19-regulasies wat vereis dat iemand (ander personeellede) wat in aanraking was met Covid-19 (die perso­neellid wat positief getoets het) in kwarantyn geplaas moet word.

Die voorgeskrewe tydperk vir kwarantyn is 14 dae.

Die verkeerskantoor kan eers weer open wanneer die perso­neellede wat in kwarantyn was, negatief toets vir die virus.

Verkeerskantoor Saterdag oop vir volgende dienste
• Oudtshoorn se verkeerskantoor sal die komende Saterdag tussen 08:00 en 14:00 oop wees vir die volgende dienste:

• Voertuigregistrasie en -lisensies;

• Padwaardigheidstoetse van voertuie;

• Rybewyse (hernuwings, PRDP’s)