COVID-19-GEVALLE en toenames het die afgelope dae na verneem word skerp in die Groter Oudtshoorn gestyg.
Volgens Hannes Stegmann, bestuurder van die Mediclinic Klein Karoo op Oudtshoorn, was daar die afgelope week ’n skerp toename in aktiewe Covid-gevalle wat in dié hospitaal opgeneem is.
“Tans is die hospitaal se totale bedbesetting 60% en neem Covid-pasiënte 40% op van die beddens vir volwasse pasiënte.
“Met die derde golf is daar meer jonger Covid-pasiënte en is dit veral oorgewig pasiënte wat akute sorg benodig.
Volgens Stegmann is suurstofgebruik soos in die res van die land onder druk.
“Teen die huidige tempo gebruik ons twaalf maande se suurstof in die tydperk voor Covid, nou binne drie weke.”
Besoektye binne die Mediclinic is sedert Vrydag (16 Julie) gestaak, maar die hospitaal moedig vensterbesoeke en video-oproepe aan.
Die Departement Gesondheid in die Tuinroete het nie teen druktyd op ’n navraag van Die Hoorn oor die situasie in Oudtshoorn gereageer nie
Van die personeel wat by die vaksineringslokaal in Toekomsrus moes werk, is egter verlede week daarvandaan na die Oudtshoorn Hospitaal onttrek as gevolg van ’n groot toename in Covid-19-gevalle by die hospitaal. (Deur Liesel le Roux)
Covid-gevalle styg skerp op Oudtshoorn
