’N VOORMALIGE Oudtshoorniet, Carolyn Forword, is tans te sien in die Kersfeesrolprent Herb & Moon.
Carolyn speel die perfeksionistiese, streng ma in die rolprent wat tans op Showmax te sien is en op 12 en 14 Desember op M-Net vertoon is.
Die hoofrol van ’n opstandige oupa word vertolk deur Robert Whitehead van Isidingo. Wanneer die oupa agterkom dat hy nie Kersfees met sy kleindogter gaan deurbring nie, ontsnap hy uit sy ouetehuis om haar te kan sien.