Calitzdorper terug in hof

DIE saak teen ’n Calitzdorper wat aangekla word van die onwettige be­sit van vuurwapens en ammunisie en handeldryf in dwelms, is in die Oudts­hoorn Streekhof tot 7 Oktober uitgestel. Dirk Matthee (42) staan tereg op klagtes van die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen, die besit van ammunisie en handeldryf in dwelms vir die besit van dagga van R277 000 in 2018.

Volgens sy regsverteenwoordiger, Wenzel Botha, sal hy onskuldig pleit op alle klagtes. Streeklanddros Ntso­ki Moni het aan Matthee verduidelik hy kan tot 25 jaar tronkstraf gevonnis word as hy skuldig bevind word. (Deur Garnett Wicomb)