Calitzdorp Vetplantfees: 19-21 September

Stalletjies en vetplantuitstalling tydens ’n vorige vetplantfees. Foto verskaf

DIE jaarlikse vetplantfees in Calitzdorp begin vandag, 19 September, en duur tot Sondag 21 September.

Buiten die groot aantal stalletjies en vermaak wat op die terrein van die stasie aangebied word, is daar ook ’n aantal ander aktiwiteite en besoekpunte gedurende die fees.

Die Klein Karoo is bekend vir die groot verskeidenheid inheemse vetplante wat hier voorkom en besoekers kry die geleentheid om die vetplante ook tydens uitstappies in die natuur te besigtig.

Hierdie is ʼn gulde geleentheid om vetplante aan te koop wat normaalweg nie in kwekerye beskikbaar is nie. Tydens die fees is vetplantkenners ook beskikbaar om leiding en wenke vir die aanplant en versorging van vetplante te verskaf.

Daar word ook vertskillende praktiese werksessies met vetplante aangebied. Die feesprogram begin Vrydagmiddag reeds om 09:00 met velduitstappies en eindig Sondag om 15:00.

Vir verdere inligting besoek www.vetplant.co.za.