CALITZDORP is die naweek die plek om te wees waar die Calitzdorp Uncorked-fees plaasvind, mét die inagneming van die nuwe Covid-19-regulasies wat Dinsdagaand deur pres Cyril Ramaphosa aangekondig is.
Volgens Boets Nel van De Krans Wynkelders op Calitzdorp is die goeie nuus dat geregistreerde wynkelders en wynplase volgens regulasie 44 in die Staatskoerant mag voortgaan om wynproeë aan te bied en wyn vir tuisverbruik te verkoop gedurende alle normale gelisensieerde handelsure, insluitend naweke en openbare vakansiedae.
“Hierdie regulasie is baie positief vir die wynbedryf en veral vir wyntoerisme wat swaar-gekry het met vorige regulasies wat tydens vorige inperkings ge-geld het.
Die hele Calitzdorp is die naweek betrokke by Calitzdorp Uncorked, met die fees wat by 23 venues soos wynkelders en restaurante dwarsoor die dorp plaasvind.
Calitzdorp-fees wil wynbedryf vier
Feesgangers by ’n vorige fees in Calitzdorp kuier hier by De Krans. Foto: Die Hoorn