Oudtshoorniete pak virtuele Comrades aan vir liefdadigheid
Aangesien vanjaar se immergewilde en uitmergelende Comrades-wedloop tussen Durban en Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal afgestel is weens die Covid-pandemie, is dit soos met 2020 op virtuele manier aangebied, maar met ietwat van ’n ander baadjie vir 2021. Op Sondag 13 Junie het maraton-atlete wêreldwyd aan die Comrades Centenary Hope Challenge deelgeneem - dit het behels dat hulle oor verskeie afstande kon hardloop, maar elk vir liefdadigheid. Hardlopers wat 21, 45 of 90 km voltooi het, kry ’n gedenk-t-hemp, en ook ’n unieke Comrades Centenary Hope-medalje. Oudtshoorniete het ook deelgeneem. Bo is van dié Oudtshoorniete saam met deelnemers van regoor die Tuinroete waar hulle saam op George die wedloop aangedurf het. Onder is Geraldine Loftie-Eaton (links), Johanna Jooste en Linda Smit wat ook op George deelgeneem het, het onder meer die wedloop opgrdra aan Smit se suster wat besig is om die stryd teen kanker te veg. (Foto’s verskaf)