Buffelsjachtsfontein-boer saak uitgestel

DIE saak teen ’n boer van die plaas Buffelsjachtsfontein in die Calitzdorp-distrik wat tereg staan op ’n klagte van poging tot moord op sy vervreemde vrou, is Woensdag in die Oudtshoorn streekhof vir verhoor tot volgende jaar uitgestel.

Die geneeshere wat sou getuig in die saak was nie beskikbaar gewees nie.

Die saak was vir twee dae op die hofrol.

Die 55-jarige Johannes Mattheus Saayman word daarvan aangekla dat hy die klaer die aand van 26 Junie 2021 op die Calitzdorp- sementpad gewurg, met die vuis geslaan en ook getrap het.

Saayman het in sy borgtogaansoek erken dat die vrou al by ’n vorige geleentheid ’n beskermingsbevel teen hom verkry het.

Landdros Ntsoki Moni het Saayman se borgtog van R5 000 en borgvoorwaardes tot 20 Maart 2024 verleng.

Van die voorwaardes is dat hy nie kontak mag maak met die vrou nie, nie by verdere misdaad betrokke raak nie, en wegbly van haar huidige blyplek. (Deur Garnett Wicomb)