Buffelsdrifter vier 100ste!

Jeanetta Meyer (middel voor) van Buffeldrift buite Oudtshoorn het op 9 Oktober haar 100ste verjaarsdag gevier! Hier is Meyer tydens haar verjaarsdagvieringe saam met van links lt kol Tania du Plessis, biskop Booyse en sers Jan Combrinck. Du Plessis en Combrinck is aan die Oudtshoorn Polisie verbonde. Meyer is in 1922 gebore en het net tot standerd 3 skoolgegaan. Sy het oor die jare by verskeie gesinne in die Schoemanshoek-omgewing gewerk. Haar eggenoot, Apools, is in 1999 oorlede. Hulle het agt kinders gehad. Meyer sê haar gesondheid is nog uitstekend, behalwe vir haar bene “wat nie meer lekker werk nie”. Sy het 14 kleinkinders, 11 agterkleinkinders, en ses agter-agter-kleinkinders. Foto verskaf