Broer steek broer na stryery

DIE Oudtshoorn Polisie ondersoek ’n saak van poging tot moord nadat ’n stryery tussen twee broers daartoe gelei het daartoe dat die oudste broer sy jonger broer met ’n skroewedraaier in die gesig gesteek het.

Volgens ao Gretchen Michaels, woordvoerder van die Polisie, het die voorval Saterdag (26 Februarie) omstreeks 23:30 in Asterhof, Bridgton plaasgevind.

Michaels sê daar is nog geen inhegtenisnames gemaak nie, en het sy op navraag nie die verdagte of sy broer geïdentifiseer nie. (Deur Stefan Skapie Goosen)