Drie Oudtshoorniete, Grant en Garth Hurling en Riaan Fourie, bied eersdaags ’n buitelug fliekgeleentheid vir families van Oudtshoorn aan.
Day One Community Foundation is onlangs deur die drie gestig. Hulle verbind hulle om gemeenskapsbetrokkenheid te bevorder, kulturele verryking en positiewe sosiale veranderinge te bring deur inklusiewe programme en geleenthede aan te bied.
Met dit in gedagte bied hul op 1 Februarie hul eerste fliekaand aan by die De Jager Sportkompleks vanaf 19:30 tot 22:30.
Die rolprent is “I Believe” en vertel die storie van ’n 9-jarige seuntjie wat op soek is na God.
Die organiseerders het egter die hulp van besighede nodig en vra vir enige vorm van donasie wat sal lei tot meer van hierdie geleenthede.
Belangstellendes kan hulle gerus kontak by 071 892 3458, of stuur ’n e-pos na riaanfortuin@outlook.com.
Kaartjies vir die fliekaand is beskikbaar by Garth 079 910 6791 en Grant 074 476 6667. (ANGELIQUE ERASMUS)
