Braaikraal-diewe gesoek

DIE Oudtshoorn Polisie vra die hulp van die pu­bliek om ’n man te identifiseer wat betrokke was by ’n inbraak by Braaikraal die nag van 25/26 Januarie. Tydens die inbraak het ’n kamera een van die mans afgeneem.

Daar is tydens die inbraak hoofsaaklik drank gesteel.

Die inbrekers het na die Oudtshoorn Gholfbaan gehardloop en ’n TV-stel agtergelaat toe hulle die polisie gewaar het.

Enigiemand met inligting word gevra om sers Sharoné Flemmer by sel 083 311 7231 te skakel.