Botsing-Vrydag

Jean-Pierre Lekay (28) is Vrydagoggend beseer toe hy op pad na Gamka-Oos Primêr na­by Calitzdorp vir ’n diertjie in die pad uitge­- swaai het en die Nissan-bakkie waarmee hy gery het, omgeslaan en sowat 50 meter gerol het. Lekay was op pad na die skool met kos vir die kinders en het sy sitplekgordel gedra. Hy het onder meer kopbeserings opgedoen.  Foto: Angelique Erasmus

In een van verskeie botsing op Oudtshoorn verlede Vrydag het twee motors mekaar by die verkeerslig op die hoek van Kerk- en Hoogstraat in Oudts-hoorn getref en die Vrydagverkeer tot stilstand laat kom. Die botsing het na bewering plaasgevind toe die Toyota wou draai en die Polo dit getref het. Een van die bestuurders het ’n arm in die botsing gebreek. Foto: Fransisca Deck