Borskankermaand, wat elke jaar in Oktober plaasvind, is vanjaar op ’n vrolike tog sombere wyse in die Klein Karoo herdenk. Die Suid-Kaap-tak van die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) het Saterdag (1 Oktober) tesame met ondersteuners, kanker-oorwinnaars en dies meer die brug na Hazenjacht, langs die N12 tussen Oudtshoorn en De Rust, nog ’n laag pienk verf gegee om die brug op te helder, en ook slotte aan hierdie brug gehang om diegene wat hul kankerstryd verloor het, te onthou. Volgens Adri Odendaal, volhoubaarheidsprojekleier van Kansa in die Suid-Kaap, het inwoners van die Hazenjacht-gemeenskap reeds verlede jaar die brug pienk geverf ten bate van kankerbewusmaking, en vanjaar weer ingespring om dit op te helder. Foto’s verskaf