Boplaas Family Vineyards in Calitzdorp het uitstekend gevaar deur die prys vir Beste Brandewyn en Spiritualieë te verower by die Michelangelo International Wine & Spirits Awards met die Boplaas 20 Jaar Potstill Brandewyn.
Die landgoed het daarby drie dubbelgoue- en vyf goue medaljes ontvang vir sy bekroonde rooiwyne, port en whisky.
Boplaas is ook vir die vyfde agtereenvolgende jaar die ontvanger van die toekenning vir Beste Gefortifiseerde Wyn by die South African Wine Report van Tim Atkin MW vir die Boplaas 20 Jaar Cape Tawny Colheita Port. Die port is vir 20 jaar in ou Franse vate verouder voor bottelering.
Besoek gerus Boplaas se proe-lokaal in Calitzdorp waar hierdie bekroonde produkte beskikbaar is vir proe en aankoop.
Kontak hulle by 044 2133 326, e-pos info@boplaas.co.za of besoek www.boplaas.co.za vir meer inligting.
Boplaas spiritualieë en wyn blink weer internasionaal uit
Daniel Nel van Boplaas en sy vrou, Helene.