Boer in hof wat na kinders skiet

DIE saak teen ’n boer van die Nomadi Plaas in die Oudtshoorn distrik wat tereg staan op drie klagtes van aanranding met die doel om ernstig te beseer, is in die Oudtshoorn streekhof vir verdere getuienis tot Juniemaand uitgestel. George Schneigansz (48) word daarvan aangekla dat hy op 15 November 2021 op drie tieners, twee van 12 en een van 13 jaar, wat in ’n dam op sy plaas geswem het, met ’n paint ball-geweer geskiet het. Schneigansz ontken dat hy na die kinders geskiet het.

Die saak is na die getuienis van een van die seuns vir verdere verhoor deur streeklanddros Daniel Boks tot 27 Junie 2023 uitgestel.

Elaine Plaatjies is die aanklaer. Lourens Swanepoel verskyn namens die beskuldigde. (Deur Garnett Wicomb)