MET die fantastiese nuwe ontwikkelinge wat tans hier in Oudtshoorn aangaan, het Die Hoorn besluit om ook nader aan een van hierdie opwindende onwikkellinge te trek, naamlik die Koöperasie se “jou eie” Geriefsinkopiesentrum in Parkweg.
Alhoewel ons eers vanaf 1 Februarie 2024 amptelik in die nuwe gebou sal wees, trek ons reeds van vandag (Donderdag 18 Januarie 2024) oor. Dus, sou julle ons benodig of soek, kom kuier gerus vir ons by die ou Klein Karoo Saad Produksie perseel in Koöperasiestraat, reg oorkant die Koöperasie se hoofkantoor.
Ons landlyn mag dalk ook vir ’n klein rukkie buite aksie wees maar ons is steeds op ons selfone beskikbaar.
Skakel gerus vir Angelique Erasmus by 076 606 2554 (redakteur), Lindi Brill by 082 855 9729 (joernalis), Anna-Marie Roeland by 081 788 3944 (advertensies) of Geraldine Grimbeek by 072 040 9413 (rekeninge).
Binnekort Die Hoorn se nuwe tuiste
