Biddag vir lede van Polisie

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens van die Tuinroetedistrik het Vrydag, 29 September ’n nasionale biddag by die Bridgton UCC kerk gehou Foto: Lindi Brill

DIE Suid-Afrikaanse Polisiediens van die Tuinroetedistrik het Vrydag, 29 September ’n nasionale biddag by die Bridgton UCC kerk gehou.

Verskeie owerhede was ook deel van die geleentheid. Korrektiewe dienste, die Suid-Afrikaanse Weermag asook die Verkeersdepartement het die geleentheid bygewoon.

Daar is pragtige sang items gedoen deur die Eljada koor en Sers Lottering.

Die tema van die gebed dag was “Be anxious of nothing by prayer and supplication, with thanksgiving, let your request be made known to God.”

Die verrigtinge is afgesluit deur ’n parade van die Tuinroete drilpeloton onder leiding van Lt Kol Michaels. (Deur Lindi Brill)