Bewusmakingsveldtogte werp vrugte af in Ladismith

Ao Jannie Cederas aan die woord tydens interaksie met die gemeenskap van Ladismith. Foto: Deon Meyer

GEREELDE interaksie tussen die Ladismith Polisie en inwoners asook inlig­­tingsessies in die gemeenskap versterk vertroue in die polisie en lei tot suksesvolle skoonmaakoperasies, soos ’n padblokkade waar ’n 60-jarige man verlede Vrydag met ’n groot hoeveelheid Mandrax-tablette in sy besit betrap is (berig https://www.diehoorn.com/nuus/60-jarige-vasgetrek-met-mandrax-bestem-vir-oudtshoorn-2/ ).

Dawid Bothman,voorsitter van die Ladismith Gemeenskapspolisieringsforum (GPF), het die polisie geprys vir hul optrede en het ’n beroep op die gemeenskap gedoen om die polisie van inligting te voorsien en sodoende ’n dwelmvrye gemeenskap te verseker.

In ’n vorige polisie-optrede op 18 Junie is ’n huis in Doreen Pietersenstraat deursoek en op 40 bankies dagga en 54 daggasigarette beslag gelê.

Volgens die polisie is die dagga­-sigarette veral gewild onder skoolkinders.

Bothman het ’n beroep op die gemeenskap en ouers gedoen om die polisie te ondersteun in hul stryd teen dwelms en te verseker dat skoolkinders se toekoms nie daardeur verongeluk word nie. (Deur Deon Meyer)

Be the first to comment on "Bewusmakingsveldtogte werp vrugte af in Ladismith"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*