
Daar was vanoggend groot pret by Helen Bellinghanhof op Oudtshoorn toe die Breederivier Harley Davidson-klub dié ouetehuis besoek het. Inwoners is eers op koek en tee getrakteer en toe kon die inwoners wat wou ’n draai saam met die motorfietsryers op hul Harleys ry. Foto’s: Angelique Erasmus