Sidwell Kerstuy (25) wat ‘n finalis was by die Prestige Landboutoekennings.
DRIE plaaswerkers van die Saag Jonker Boerdery is Saterdagoggend vroeg oorlede toe die voertuig waarin hulle gery het, omstreeks 02:40 op die Rooiheuwel/Kammanassiepad omgeslaan het.
Hulle was op pad huis toe nadat hulle vroeër die aand die jaarlike Landbou Prestigetoekennings by De Opstal in Schoemanshoek noord van Oudtshoorn bygewoon het.
Een van die drie, Sidwell Kerspuy (25), was ’n finalis in die afdeling Tegniese Operateur.
Die ander twee wat oorlede was, Leon McKenna (30) en Nicolene Pedro (34), het ook sertifikate by die toekenningsaand ontvang.
Kerspuy se vrou, Mona, is ernstig beseer maar het die ongeluk oorleef.