Bekende kunstenaar van Calitzdorp weer in hof

Deur Angelique Erasmus
DIE saak teen ’n bekende 65-jarige kunstenaar van Calitzdorp is tot 15 Oktober in die Streekhof op Oudts­hoorn uitgestel.

Hy staan tereg op nege klagtes van seksuele misdrywe met minderjariges. Die klagtes sluit ook ontbloting en die wys van pornografiese materiaal aan minderjariges in.

Daar is twee klaagsters in die saak.

Die beweerde voorvalle het in 2016 en 2017 plaasgevind..

Volgens hofstukke blyk dit dat die man met sy volgende verskyning gaan pleit.

Sy regsverteenwoordiger, Benito Mtembo, is tans besig met onderhandelinge met die staatsaanklaer, adv Michelle Weyers.

Die saak verskyn voor landdros Daniël Boks.