Bekende Barrydaler oorlede

Shane Petzer.

Die bekende Barrydale-persoonlikheid en gemeenskapsaktivis, Shane Petzer, is Dinsdagaand oor­lede.

Die Hoorn het verlede week (30 Sept) berig oor Petzer, wat die voorsitter en organiseerder van die Barrydale in Bloom Fees was. Die fees word van 16 tot 18 Oktober in Barrydale gehou. Hy het op die raad van die Barrydale Hospice gedien en was ’n stigterslid en raadslid van Net Vir Pret, die be­kende Barrydale-welsynsorganisasie wat dit beywer om kinders uit agtergeblewe omstandighede op te hef.

Hy was ook ’n raadslid vir die Belastingbetalersvereniging en die Barrydale Kliniek.