Die bekende musikant en vermaaklikheidspersoonlikheid, Paul Amas, trek vir vanjaar se KKNK
die regisseursbaadjie aan met die die produksie, BeHOORNlik. Hier is ʼn ding annie komme!
’n BeHOORNlike ding. Iets so BehOORNlik soos die daarwees van die Swartberge. Kreatiewe Dansers en die Rieldansers saam met B-BOY Da Vincy gaan ’n beHOORNlike kruisbestuiwing
laat geskied. Van die dorp se mees talentvolle musikante werk saam aan hierdie produksie. Hulle is Willo Maya en Aniel Ewerts ondersteun deur ‘n hele rits kunstenaars van die dorp. Dan is daar nog drie ander groot kanonne betrokke.
John Theodore, wat vanjaar deur die KKNK vereer word, Ds André Boezak wat die teks versorg en Haidee Muller-Isaacs as seremoniemeester.
“Ons dank gaan uit aan die KKNK vir hierdie geleentheid,” sê Paul Amas. Hy vra die inwoners se ondersteunig. “Doen die regte ding en kry jou kaartjie nou. Local is lekker, en plaaslik is smaaklik.”
BeHOORNlik beslis iets om te ervaar
Paul Amas