Barry uit waakeenheid

DIT gaan beter met die burgemeester van Kannaland, Magdalena Barry (70) wat middel Julie positief getoets is vir Covid-19.

Volgens die Kannaland Munisipaliteit se onderburgemeester, Phillipus Antonie, is sy steeds in die hospitaal, maar nie meer in die waak-eenheid nie.”

“Ons is dankbaar sy vorder goed na meer as ’n maand in die hospitaal.”
Barry is middel Julie in die Mediclinic Klein Karoo opgeneem en later na die Mediclinic George oorgeplaas. (Deur Liesel le Roux)