DIE vrou van Dysselsdorp wat aan moord op haar pasgebore babaseuntjie skuldig bevind en tot agt jaar gevangenisstraf gevonnis is, wil teen haar vonnis appelleer.
Haroldene Korkee (42), ’n ma van drie kinders en ouma van een kleinkind, het op 15 Oktober 2019 in ’n toilet geboorte aan die seuntjie geskenk en geweier dat vroue haar help. Sy het in April 1999 ook probeer om haar eerste kind te vermoor deur haar na geboorte in ’n gangetjie in Adonisweg, Dysselsdorp met sand toe te gooi.
Korkee was verlede Donderdag in die hof vir ’n aansoek om verlof tot appél, maar die saak moes uitgestel word omdat die landdros wat haar gevonnis het in isolasie was.
Streeklanddros Daniel Boks het die saak toe voorlopig tot Vrydag 13 Augustus uitgestel. (Deur Garnett Wicomb)