“Ant Baba” Saterdag ter ruste gelê

Die Hoorn het verlede week berig oor Delia Visagie (82), wat op 5 Januarie as vermis by die Oudtshoorn Polisie aangegee is.

’n Week later is haar liggaam op Maandag 12 Januarie naby die Cango Wildlife Ranch gevind.
Haar begrafnis vind Saterdag, 24 Januarie om 09:30 by die UCC Kerk in Toekomsrus plaas. ’n Roudiens is gister 22 Januarie, ook by die kerk gehou.

Gemeenskapsleier, Leon Campher van die groep, Oudtshoorn Community Against Crime (OCAC) het op Vrydag 16 Januarie saam met die familie ’n kranslegging gedoen.

Edwinha Goulding het namens die familie hul dank uitgespreek aan elke Oudts-hoorniet wat betrokke was by die soektog, asook Leon Campher en lede van OCAC, die Oudtshoorn Polisie.

“Elke boodskap van omgee en medelye word hoogs waardeer,” het sy gesê.