Nog net een week voor Die Hoorn Koerant sy 25ste bestaansjaar vier.
Daar wag lekker veranderinge vir ons getroue lesers in volgende week se 25ste uitgawe.
Afgesien van die 2 500 koerante wat weekliks gedruk en versprei word, word daar aan 2 500 persone ’n pdf weergawe van die koerant per WhatsApp ook versprei. Dit sluit nie in aan wie hierdie persone die koe-rant verder versprei nie.
Waarom nie ons druk oplaag verhoog nie?
Die Hoorn gee om vir die omge-wing, en wil nie net eco-vriendelik wees nie, maar seker maak ons mors nie onnodige papier nie. Daarom die besluit om slegs 2 500 koerante weekliks te druk, en so te verseker dat elke koerant ’n huis kry.
Waarna sien Die Hoorn uit met sy 25ste verjaarsdag – en die jare daarna?
Met 25 jaar se stories, gemeenskaps-herinneringe en betroubare nuus agter die rug, kyk Die Hoorn met dankbaarheid én opgewondenheid vorentoe. Hierdie mylpaal is nie net ’n viering van die verlede nie, maar ’n hernuwing van ons verbintenis tot die Klein Karoo-gemeenskap.
Wat lê vir Die Hoorn voor?
- Om steeds ’n betroubare stem vir plaaslike nuus te wees – eerlik, geba-lanseerd en relevant.
- Die gemeenskap nader aan mekaar te bring deur stories van mense, prestasies en belangrike nuus te vertel.
- Saam met die tyd te groei, deur digitale platforms kreatief te benut sonder om ons gedrukte wortels te verloor.
- Jong stemme en nuwe stories ruimte te gee, sodat die volgende ge-slag ook hul plek in die plaaslike media vind.
- Plaaslike ondernemings en inisiatiewe te ondersteun, want ’n sterk gemeenskap begin plaaslik.
- Ons erfenis te bewaar, terwyl ons aanpas by ’n veranderende wêreld en mediabedryf.
Die Hoorn se toekoms lê nie net in ink en papier of skerms en skakels nie – dit lê in die mense van die streek. Solank daar stories is om te vertel, sal Die Hoorn daar wees om dit te deel.
Ons nooi lesers om enige staaltjies, interessante feite of foto’s wat betrekking het op Die Hoorn se 25 jaar viering het met ons te deel. Kontak Angelique by 076 606 2554 of stuur ’n e-pos na redaksie@hoorn.co.za.
