Uit die Hoorn argiewe – Dylan volg ook in oupa Adam se voetspore
Dr Adam Barnard (middel) van Oudtshoorn, wat in 1961 een van die eerste negentien dokters was wat aan die Universiteit van Stellenbosch die graad MBCHB verwerf het, se kleinseun Dylan Barnard (regs), begin vanjaar, 55 jaar later, met sy eerste jaar medies aan dieselfde universiteit. Dr Barnard het in 1964 as huisarts op Oudtshoorn begin praktiseer. Links op die foto is dr Barnard se seun, Deon, wat in 1989 as mediese dokter aan die Universiteit van Stellenbosch gegradueer het. Hy is sedert 1994 saam met sy pa in praktyk. Dylan, wat aan die Hoërskool Outeniqua gematrikuleer het, is die seun van Johan en Adéle Barnard van Oudtshoorn. Foto: Schalk le Roux