Oudtshoorniete het Vrydagaand (8 Julie) as deel van AfriForum se landwye, kwartaallikse massapatrollie onder meer polisie-, sekuriteits-, wets-toepassings- en buurtwagvoertuie in hul gemeenskappe se strate gesien. Hier is verteenwoordigers van die rolspelers wat betrokke was by die massa-patrollie, saam met Chris Macpherson (heel links), burgemeester van Oudtshoorn, wat ook saamgery het. Volgens Mark Collins (vyfde van regs met oranje glimbaadjie), AfriForum-veiligheidsbeampte op Oudtshoorn, word hierdie massapatrollies landwyd gehou om bewustheid oor onder meer veilig-heid in ons gemeenskappe en die voordeel van buurtwagte in hierdie gemeenskappe te kweek. Dit word ook gedoen om die noodsaaklikheid van samewerking tussen al hierdie organisasies en wetstoepassingsdepartemente te beklemtoon. Foto: Heinrich Bosman