70-jarige R12 000 kwyt by kitsbank

DIE Oudtshoorn Polisie ondersoek ’n klagte van diefstal nadat ’n 70-jarige man R12 000 kwyt is toe sy bankkaart Saterdag (20 Maart) gesteel is.

Die bejaarde man se bankkaart is by hom afgerokkel toe hy omstreeks 13:40 die dag geld probeer trek het by die Standard Bank-kitsbank by die Queen’s Mall in Voortrekkerweg, Oudts­hoorn.

Volgens kapt Louis Visser, polisiewoord­voerder, is R5 000 na die oorspronklike diefstal op Oudtshoorn onttrek, en ’n verdere R7 000 in George. Geen inhegtenisnames is nog gemaak nie. (Deur Stefan Skapie Goosen)