22-jarige kry 10 jaar vir verkragting van 58-jarige vrou

STREEKLANDDROS Daniel Boks het Maandag ’n jong man van Buffelsdrift wat ’n 58-jarige vrou in haar eie huis verkrag het, vir tien jaar tronk toe gestuur.

Die hof het bevind Enrico Tiemie (22) het in die oggendure van 21 Desember 2019 die huis van die vrou binnegegaan en haar verkrag. Sy het getuig dat sy Tiemie herken het toe twee mans wat haar gille gehoor het, met ’n selfoon deur ’n skrefie van haar huis se deur lig gemaak het. (Deur Garnett Wicomb)